Franse Akademie vir Wetenskappe

Die Institut de France in Paris waas die Akademie gesetel is.

Die Franse Akademie van Wetenskappe (Frans: Académie des sciences) is 'n geleerde vereniging wat in 1666 deur Lodewyk XIV op die voorstel van Jean-Baptiste Colbert gestig is om die gees van die Franse wetenskaplike navorsing aan te moedig en te beskerm. Dit was aan die voorpunt van wetenskaplike ontwikkeling in Europa in die 17de en 18de eeu, en is een van die oudste wetenskaplike akademies. Dit is tans onder die leiding van Sebastien Candel (President van die Akademie), en is een van die vyf akademies van die Institut de France.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne